Besonderse Uitbreidingsgeleentheid in die Landbousektor
’n Groot en gevestigde landbou-eiendom met ongeveer 116 ha bewerkbare grond wat as een aaneenlopende blok aangrensend die Breederivier, onder die Brandvleidam, strek. Die plaas bied ’n sterk kombinasie van waterregte, opgaarwater, gevestigde infrastruktuur en verdere uitbreidingspotensiaal. Geen vloedskade tydens die 2026-vloed aangemeld nie.
Die huidige aanplantings bestaan uit ongeveer 53 ha wingerde, 7 ha olywe, 12 ha perskes en 6 ha appelkose. Die kelderkwota is ingesluit, wat ’n belangrike voordeel vir ’n produsent of uitbreidende boerdery bied.
Water is een van die groot sterkpunte van hierdie plaas. Die eiendom beskik oor ’n 220 000 m³ gronddam, met ’n rivier-/kanaal-boosterpomp as primêre bron. Die dam kan ook deur natuurlike opvanggebied aangevul word. Die waterregte sluit 850 000 m³ in gedeeltelik uit die Breede River en gedeeltelik uit die Kanaal.
Die eiendom behoort veral geskik te wees vir ’n koper wat kyk na watersekuriteit, besonderse watervolume, bewerkbare hektare, verdere landbou-uitbreiding potensiaal deur bruikbare veldgrond, kontinuïteit van blokke en ’n strategiese ligging in die Breederivier-produksiegebied.
Die prys sluit leweringsregte en kelderkwota in, maar sluit BTW en implemente uit. Kontak my gerus vir meer inligting.